Boeke & Skrywers
Books & Writers
The Wildest Beauty
Michiel Heyns is an award-winning author and translator. Much of Heyns’ earlier works have received critical acclaim, with Bodies Politic (2009), Lost Ground (2012) and A Sportful Malice (2015) earning him the Herman Charles Bosman Awards during their respective years.
Skorpio
’n Goed geskryfde krimi is die hoogtepunt van tydelike ontvlugting. Deon Meyer se nuuste roman, Skorpio bied juis net dit. Meyer is ’n meesterlike vervlegter van skynbaar onverwante misdaadbrokkies wat op die ou einde in die bestek van etlike bladsye ontknoop (of sal ons sê ontplof) in ’n unieke dog uiters geloofwaardige warboel van dreigende persoonlike verlies, internasionale politiek en natuurlik ’n goeie skeut eg plaaslike intrige.
A Love Letter to South Africa: Place
This place is home, and one’s attachment to the first places one learns to love, one’s sacred places, is unshakeable. From Odysseus to the present day, homecoming is synonymous with peace and healing.
Pretoria Leeskringe
Senior burgers is ywerige lesers, en leeskringe bied die geleentheid vir lesers om te besin oor boeke. Leeskringbyeenkomste is nie alleen intellektueel stimulerend nie, maar lede smee ook vriendskappe en kuier heerlik na byeenkomste. Pretoria en omtrek deel hul jaarprogramme met mekaar. Leeskringe dwarsoor die land kan gerus hul jaarprogramme en informasie stuur.
Die grafdigter
Spoke, heldersiendheid, die oproep van dooies, onaptytlike gebeure, donker drifte, drome en doodsobsessies is van die elemente wat dikwels in Gotiese literatuur voorkom. Dié konvensionele kenmerke is ook in Gerda Taljaard se jongste roman, Die grafdigter aanwesig. Die romantitel wys reeds op ’n onbetwisbare Gotiese karakter asook die literêre tradisie van kerkhofdigters wat reeds gedurende die 18de eeu ’n aanvang geneem het en as voorloper van Gotiese literatuur beskou word. Kerkhofdigters se gedigte speel af in begraafplase en die klem val op menslike verganklikheid. Die hoofkarakters se obsessie met die dood is dan ook ’n beduidende deel van veral Zhanna (ywerige grafdigter en Mila se geesgenoot) se lewensuitkyk.
Philippolis – Deur Jens Friis
Soos aftrede ‘n realiteit word, verlang ons weer na die ou grondpaaie, na die plekke waar mense nog tyd het om oor die heining te gesels, waar die reuk van beskuit in die lug hang, en waar geboue stories vertel van die tyd voor selfone en internet. Jens Friis verstaan dit. Sy boek, Philippolis, die oudste nedersetting in die Vrystaat (tweede druk), is’n uitnodiging om die hoofpad te verlaat en die pragtige omgewing te verken, presies soos die omslag belowe: “Vat die agterpad met Jens Friis deur die Transgariep na die Karoo”.
Redaksiesekretariaat
Editorial secretariat
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za
Advertensies & Bemarking
Rienie Coetzee
Sel: 082 776 3889
rienie@plus50.co.za
Intekenare / Subscribers
Skakelbeampte / Public Relations Officer
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za





