Webjoernaal
Blog

Herwonne glorie van die 1885 Nieuwe Republiek Museum 

Herwonne glorie van die 1885 Nieuwe Republiek Museum 

Die gemeenskap het ingegryp en moue opgerol om die 1885 Nieuwe Republiek Museum op Vryheid, in die noorde van KwaZulu-Natal, te restoureer.

Frans van Niekerk, komiteelid wat nou gemoeid is met die museum vertel: “In Maart 2024 is ’n gemeenskapsvergadering belê waartydens die AbaQulusi Munisipaliteit te kenne gegee het dat hul nie langer kans sien om die 1885 Nieuwe Republiek Museum te onderhou nie. ’n Komitee van nege lede uit die gemeenskap is verkies om opknapping en die heroopstelling van die museum te behartig”.

read more
Kaapse boekbinder beoefen steeds sy ambag

Kaapse boekbinder beoefen steeds sy ambag

Oordeel gerus maar die boek aan sy omslag. Dis die helende handewerk van ’n meester in die vakmanskap van boekbind en -restoureer – wat dateer van Middeleeuse gildes. MARTHINUS VAN BART gesels boekdele met Johan Botha, boekbinder van Kaapstad, oor sy seldsame ambag van die afgelope 60 jaar.
In 1965 het Johan sy vakleerlingskap in boekbindery by Dirk Zandberg van Trio Rand Drukkery in Commercialstraat, Kaapstad begin toe hy pas 18 was

read more
The Knysna and Tsitsikamma Forests

The Knysna and Tsitsikamma Forests

Renowned writer Dalene Matthee called the Knysna and Tsitsikamma forests of the Southern Cape the ‘Enchanted Forest Land’. A forest wonderland that enriches the soul with its grandeur, and beauty, but also a sensitive self-sustained world that requires careful management.

read more
Karen, kunstenaar van Knysna

Karen, kunstenaar van Knysna

Karen du Toit het ’n liefde vir enigiets kreatiefs, van loodglaswerk, mosaïek, skilder en haar grootste liefde pottebakkery waarmee sy die lewe verfraai, een skepping op ’n slag.

read more
Mens sukkel nie met ’n meermin nie

Mens sukkel nie met ’n meermin nie

Die stormloop om na die mitologiese meermin by die C.P. Nel-museum op Oudsthoorn te kom kyk, was in ’n stadium so erg dat raadop personeel die museumdeure moes sluit en by die sydeure uitgeglip het.

read more
’n Lewenslange musiekreis

’n Lewenslange musiekreis

Ek kuier by Elizabeth en Francois Fourie in hul pragtige blyplek naby Parys. Hulle is pas terug van ’n konserttoer waarmee hul die land deurkruis het. In 2025 het beide van hulle 70 jaar oud geword en dit toe gevier deur 70 konserte aan te bied.

Ons “onderhoud” word ’n heerlike kuier, en Elizabeth en Francois gesels nie net oor hul onlangse konsertreis nie, hul gedagtes gaan ook ver terug as hul begin gesels oor hul musiekloopbaan.

Elizabeth en Francois se ontmoeting was nie net die begin van hulle lewensreis saam nie, maar ook die begin van hul musiekloopbaan. As studente het hul beide oudisies afgelê vir ’n produksie van die musiekblyspel Lilac Time deur Frans Schubert. Die manlike en vroulike hoofrolle is aan hulle toegeken.

read more
Kersfees – ’n tyd vir gee

Kersfees – ’n tyd vir gee

Vra jy iemand wat hulle vir hul verjaarsdag wil hê, is die wenslys gewoonlik lank.
Maar Dina Tseng (68) van Newcastle wat vanjaar in twee gewilde televisieprogramme, Kwêla en Goeiemôre verskyn het nadat ’n boek oor haar sonderlinge lewensverhaal, Waar oos en wes ontmoet verskyn het, het net een groot wens gehad.
En dit was om geld in te samel vir honger kinders en gesinne op haar dorp waar die nood hoog is nadat derduisende mense by Mittal in Newcastle afgedank is.

read more
Speel voor by die net

Speel voor by die net

Wie is hierdie inspirerende vrou wat op 88 nog tennis speel? Jenneke was in die sending met haar huisarts-eggenoot en ek was in die sending as kind saam met my huisarts-pa. Jenneke en tennis is sinoniem. Daar is selfs ‘n baan by die Rietondale-tennisklub na haar vernoem. Nou met dubbel-agt se jare op haar kerfstok staan sy voor by die net en speel. Haar jonger maat speel agter. Geen enkelsmeervir haar nie. Sy moet deesdae ook haar skouer respekteer, sê sy. Dit is soos die jare jou lyf en senings wegskilfer – om ‘nswaar dinguit ‘n voertuig te tel word ‘n oorlogswond. Sy kan nie meer ‘n bal bo uit die lug gaan haal om haar opponent te fnuik nie. Maar sy kan nog balle plaas net waar sy dit wil hê, so vanaf haar netlangse posisie. “En ons wen van ons wedstryde hoor,” sê sy met ‘n skelm vonkel in haar oë.

read more
Vind nuwe ritmes ná ‘n krisis

Vind nuwe ritmes ná ‘n krisis

Die lewe is vol uitdagings. Soms slaan ʼn lewensbrander jou voete onder jou uit en dan is dit nodig om nuwe ritmes te ontwikkel. Anne Marais skryf oor wat dit behels om ʼn nuwe ritme te vind náʼn krisis of trauma.

Riëtte Rust, joernalis en skrywer van die boek Die geskenk, se man het homself om die lewe gebring. Sy het ook ʼn tweede geliefde, Bleskoppie, as gevolg van kanker aan die dood afgestaan. Sy vertel: “Op die dag van my man se selfdood het ek ʼn keuse gemaak om op te staan, hoe onmoontlik dit ookal gevoel het.

Ek het eers met die hulp van ʼn sielkundige en psigiater volledig gerou.” Sy sê sy het daagliks ʼn uur opsy gesit om te rou. “Ek het dadelik my huis laat herbou.

read more
Van engelvlerke en Krismisdrome 

Van engelvlerke en Krismisdrome 

My liefde vir kosmaak is lankal nie meer ‘n geheim nie, want ek kan mos nie stilbly nie. My grootste trots is egter die twee kookboeke wat die lig gesien het – Daar’s ‘n Engel in die Koskas en meer onlangs Sinkhuisresepte. Ek werk al klaar aan die derde een en daar is niks lekkerder nie.

Op Kersdag sou ons eers na die Oggenddiens op die draadloos luister, maar daar was darem al ‘n stukkie vrugtekoek om die honger te stil. Teen daardie tyd het die verleidelike geure van skaapboud en aartappels al swaar in die lug gehang. Mense sê ek is altyd doenig, maar soos die jaar begin kantel, begin ek ook daarna uitsien om net rustig te wees met almal wat saakmaak rondom my.

read more
Die Vergete Droom van Gouna

Die Vergete Droom van Gouna

In die laat 1800’s het ‘n fluistering deur die heuwels van Noord-Italië getrek, waar die lug soet na moerbeiblare ruik en die dorpies van Como en Treviso in stilte lê. Die woord versprei van ‘n nuwe begin, ‘n land van belofte aan die suidekant van Afrika, in Knysna. Die droom en die realiteit was ongelukkig ver verwyder van mekaar. Families moes leer oorleef in ‘n vreemde land. Die Italianers het noodgedwonge houtkappers geword, geboer, of handel gedryf. Hul drome van sy-fortuine was egter vergeefs. ‘n Paar het van die syboere het teruggekeer na Treviso, waar die geweld nog nie bedaar het nie en die sy-industrie steeds in krisis was. Die siektes het nie verdwyn nie, die marke was nog swakker – die tragiese sirkel was voltooi – mislukking in Afrika, mislukking tuis.

read more
Die Orrel –regte note op regte tyd

Die Orrel –regte note op regte tyd

Die fantastiese Hill orrel in St George’s-katedraal, Kaapstad is oorspronklik in 1675 deur Bernhard Smith vir St. Margaret’s in Londen gebou. Orrelkultuur het eers later in Afrika gevestig geraak, danksy vroeë koloniste. In 1804 is die Hill orrel deur John Avery opgeknap en erdere wysigings en uitbreidings het dwarsdeur die 19de eeu plaasgevind deur J. C. Bishop, G. M. Holdich en William Hill & Son. In 1909 is dit na Kaapstad verskuif, waar dit deur Hill & Son orrel uitgebrei is. Die oudste kerkorrel is op 26 Januarie 1860 ingewy op Genadendal. Suid-Afrika is steeds die plek in Afrika waar orrelmusiek steeds floreer.

read more
Elly Holm – van Berlyn tot Hartbeespoort

Elly Holm – van Berlyn tot Hartbeespoort

Elly Holm het twee wêreldoorloë oorleef, die eerste as kind van ‘n Duitse offisier en die tweede as vrou, kunstenaar en moeder, terwyl sy voortdurend in Duitsland met ses kinders voor soldate moes vlug. Haar lewensverhaal, klink soos die draaiboek van ‘n rolprent: hongersnood, armoede en wanvoeding. Boeiend en uitdagend. Elly Holm was ‘n formidabele vrou.

read more
Z

Redaksiesekretariaat

Editorial secretariat
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za

Advertensies & Bemarking

Rienie Coetzee
Sel: 082 776 3889
rienie@plus50.co.za

k

Intekenare / Subscribers

Skakelbeampte / Public Relations Officer

Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za

Wordpress Social Share Plugin powered by Ultimatelysocial
Facebook