Vind nuwe ritmes ná ʼn krisis

Anne Marais

Die lewe is vol uitdagings. Soms slaan ʼn lewensbrander jou voete onder jou uit en dan is dit nodig om nuwe ritmes te ontwikkel. Anne Marais skryf oor wat dit behels om ʼn nuwe ritme te vind náʼn krisis of trauma.

Riëtte Rust, joernalis en skrywer van die boek Die geskenk, se man het homself om die lewe gebring. Sy het ook ʼn tweede geliefde, Bleskoppie, as gevolg van kanker aan die dood afgestaan. Sy vertel: “Op die dag van my man se selfdood het ek ʼn keuse gemaak om op te staan, hoe onmoontlik dit ookal gevoel het. Ek het eers met die hulp van ʼn sielkundige en psigiater volledig gerou.” Sy sê sy het daagliks ʼn uur opsy gesit om te rou. “Ek het dadelik my huis laat herbou. Ek wou nie elke dag weer ‘daardie’ toneel voor my sien nie. Ek moes ʼn nuwe lewe begin. Uiteindelik het ek besef mens kan nie verander waaroor jy nie beheer het nie. Ek wou my ervaring met ander deel.” Sy sê juis daarom het sy die boek geskryf. “Die terapie het gelê in die onderhoude om my storie oor en oor te kon vertel. Tragedies het my geleer dat mens veel sterker is as wat jy besef.”

Wat behels ʼn nuwe ritme?

Dr. Gustav Gous, ʼn lewensafrigter, meen dit is nodig om tussen stres, ʼn krisis en trauma te onderskei. “Die drie konsepte verskil in terme van grade van intensiteit. ʼn Mens ervaar gewoonlik stres wanneer jy baie dinge het om te doen. Die druk is groot, miskien selfs ʼn bietjie te veel. Met ʼn krisis soos ʼn finansiële krisis of ʼn gesondheidskrisis is daar meer druk. Die Chinese woord vir krisis beteken ʼn gevaarlike geleentheid. Dus is daar gevaar. Maar daar is ook die potensiaal om van hierdie verleentheid ʼn geleentheid te maak.

Trauma is wanneer dit wat jou tref so groot is dat jy niks daaraan kan doen nie. Hoe moet dit hanteer word? Gous sê met elkeen van die drie is ander hanteringsmeganismes nodig.

“Algemene beginsels om stres te hanteer is om positief te dink, te glo dat God by jou is en dat jy van die verleentheid ʼn geleentheid kan maak. Dit is ook belangrik om jou emosies onder beheer te kry en ʼn aksieplan in werking te stel. Vermy negatiewe mense sowel as ʼn houding van ‘niks gaan positief verloop nie’. Humor is noodsaaklik. Dit is verder belangrik om gesond te eet, te oefen en te ontspan. Dié beginsels is belangrik met ʼn krisis, maar dit is oo nodig om te vra waarop jy fokus. Fokus jy op die gevaar of die geleentheid? As jy op die geleentheid fokus, gaan jy ʼn gaping sien om uit te glip.”

Dr. Gustav Gous en sy pa, Andries Gous.
Foto: Facebook – Fiks vir die lewe

Trauma is meer intens

“Met trauma is ʼn mens gewoonlik heeltemal ondergeploeg”sê Gous. Daar is stappe wat jy dan kan volg:

 

  1. Gaan in oorlewingsmodus in want jy kan nie langtermyn dink nie.
  2. Dan moet jy ondersteuning soek.
  3. Gaan vir traumaberading om deur die proses te werk en jou emosies te begin bestuur.
  4. Moenie jou emosies onderdruk nie, maar moet dit ook nie vrye teuels gee nie.
  5. Wees nugter oor die situasie en oor jou emosies.
  6. Praat daaroor en deel dit met ander mense.
  7. Moenie vashaak by hoekom ek nie.Vra eerder: wat nou? Wat is die onmiddellike stappe wat jy moet volg om te oorleef? As jou huis afgebrand het, moet jy ʼn tent opslaan. As ʼn geliefde sterf, moet jy begrafnisreëlings tref en die boedel laat beredder.
  8. Dan moet jy ook jou gesindheid regkry. Jy kan kies om ʼn slagoffer of ʼn oorwinnaar te wees. Jy kan kies om te glo alles is net sleg of om te sê, ek weet nie hoe ek hier gaan uitkom nie, maar ek gaan hier deurkom, want die Here is by my”.
  9. Dis nodig om die situasie in ʼn nuwe konteks te sien en dit te herdefinieer. “Dis belangrik om iets goeds en sinvol daaruit te skep. Die lewe is moeilik en hard.
  10. Dis nodig om sin te skep te midde van uitdagings. Viktor Frankl het te midde van sy omstandighede in die doodskamp in die Tweede Wêreldoorlog besluit dat hoewel hy nie sy omstandighede kon verander nie, hy kon kies met watter gesindheid hy dit gaan benader.
  11. Te midde van probleme kan ʼn mens uitreik en ander mense probeer help.
  12. Dit is dan nodig om ʼn oorwinnaarsgesindheid in te neem enʼn aksieplan in werking te stel. Jy moet dus herfokus, herbou en bemeester.”

Dr Gustav Gous en Bettie Kemp, aanbieder van Met ‘n Huppel in die Stap
Foto: Facebook – Fiks vir die lewe

ʼn Nuwe prentjie

Gous sê verder wanneer jy ʼn krisis of trauma beleef is dit asof jou prentjie van wat sou wees opgeskeur is. “Die toekoms is nie meer wat dit was nie. So jy moet ʼn nuwe prentjie kry. Jy moet jou vrees konfronteer en die toekoms herskep. Die bekende Amerikaanse bestuurskonsultant Peter Drucker het gesê die beste manier om die toekoms te verseker is om dit te skep of dan te herskep – om te rekonstrueer.

Gous sê daarna moet jy die situasie bemeester.“In diéfase ontdek jy dat jy van elke verleentheid ʼn geleentheid kan maak. Dit lewe breek jou, maar dit maak jou ook sterker na die tyd. Na swaarkry is daar groei.” Hy voeg by dat dit ná trauma ook nodig is om te vra: wat is die vyf goed wat ek geleer het? “Jy ontdek jy het meer volwasse geword en veerkragtigheid ontwikkel. Laastens moet jy jou dan weer oopstel vir die toekoms en nuwe moontlikhede. Dan weet jy ook as daar weer so iets gebeur het jy die nodige hanteringsmeganismes ontwikkel”.

Ontwikkel ʼn nuwe ritme

Watter uitdagings bestaan daar rondom die ontwikkeling van ʼn nuwe ritme en wat is die oplossing? Gous sê baie mense is so verlam dat hulle nie tot aksie kan oorgaan nie. “Hulle het nie die moed om op te staan en die nodige stappe te doennie. Soms onderskat mense die omvang van die trauma en gaan nie vir berading nie. Dit is hoekom iets soos terapie of lewensafrigting belangrik is. As jy vashaak by een van die stappe, kan ʼn lewensafrigter jou help om deur die proses te werk. Dan sal jy die dagbreek nádie donker kan sien.”

Dr Gous saam met Bettie Kemp en die filmspan van Met ‘n Huppel in die Stap
Foto: Facebook Fiks vir die lewe

Teken gerus in op Plus 50 tydskrif vir meer interessante stories oor mense, geskiedenis, argitektuur, leefstyl en gesondheid: https://www.plus50.co.za/teken-in-subscribe/ 

Nuutste Artikels
Latest Articles

Op 100 praktiseer hierdie dokter nog! 

Op 100 praktiseer hierdie dokter nog!Deur:Carla van der SpuyDie vreugdevure het hierdie week hoog...

The Wildest Beauty

Book review: The Wildest Beauty by Michiel HeynsDeur: JENNIFER DU PLESSIS “I went hunting wild ...

Skorpio

Formidabele tweemanskap weereens op  tuimeltreinrit in Skorpio Deur: Willemien AukemaDie...

Herwonne glorie van die 1885 Nieuwe Republiek Museum 

Herwonne glorie van die 1885 Nieuwe Republiek Museum Deur: Mimie de Vries Foto's: Verskaf deur...

Kaapse boekbinder beoefen steeds sy ambag

Kaapse boekbinder beoefen steeds sy ambagOordeel gerus maar die boek aan sy omslag. Dis die...

A Love Letter to South Africa: Place

A Love Letter to South Africa: Place by Justin Fox By Jennifer du PlessisThis place is home, and...

The Knysna and Tsitsikamma Forests

The Knysna and Tsitsikamma Forests: An enchanted forest landWESSEL VERMEULEN served in the Knysna...

Pretoria Leeskringe

Pretoria Leeskringe se Jaarprogramme Senior burgers is ywerige lesers, en leeskringe bied die...

Karen, kunstenaar van Knysna

Karen, kunstenaar van KnysnaYolanda du ToitKaren du Toit het ’n liefde vir enigiets kreatiefs, van...

Mens sukkel nie met ’n meermin nie

Mens sukkel nie met ’n meermin nieCarla van der Spuy het ’n een en ander oor die legendariese...

Vorige Uitgawes
Previous Publications

Streek
Region

ATKV Promosie
Promotion

Kontak Ons
Contact Us

Redaksiesekretariaat
Editorial secretariat

Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za

Advertensies & Bemarking
Advertising & Marketing

Rienie Coetzee (rienie@plus50.co.za)
082 776 3889
Linda Joubert (linda@plus50.co.za)
071 244 3399

Intekenare • Subscribers

Skakelbeampte / Public Relations Officer
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za

Hoofkantoor | Head Office

Tel: 012 348 8706
Suite 145, Privaatsak/Private Bag X19,
Menlo Park 0102
2de Vloer/2nd Floor, The Hillside 318, Lynnwood,
Pretoria.

Wordpress Social Share Plugin powered by Ultimatelysocial
Facebook