Karen, kunstenaar van Knysna

Yolanda du Toit

Karen du Toit het ’n liefde vir enigiets kreatiefs, van loodglaswerk, mosaïek, skilder en haar grootste liefde pottebakkery waarmee sy die lewe verfraai, een skepping op ’n slag.

Karen het grootgeword en haar skoolloopbaan in Rustenburg voltooi. In 1997 is sy getroud en het sy, haar man en twee seuns verhuis na Swellendam in die Wes-Kaap. “Daar het ons ons eie besigheid begin en tussen dit en twee kinders grootmaak, het ek maar min tyd gekry om regtig aandag te gee aan kuns. Later van tyd het ek begin skilder sonder enige formele opleiding. Ek het begin om  skilderye te verkoop en kommissiewerk vir portretstudies te doen.”

Sy het muurskilderye vir hul boekwinkel en vriende se besigheid gedoen en op twee van hul karavane geskilder. In November 2018 het ’n goeie vriendin van Karen vir haar ’n gesigpot met ’n plantjie gegee. “Ek het gewonder of ek so iets met klei kan doen en daar het my reis met klei begin. In 2020 tydens die pandemie het ek begin om kopplanthouers uit klei te maak wat my man en seun dan vorms van gemaak en in sement gegiet het.” Dit is steeds by ’n tuinsentrum en verskeie kwekerye in die Wes-Kaap en Tuinroete beskikbaar.“

Deesdae fokus sy meer op funksionele pottebakkery soos eetborde, bakke, melkbekers, ensovoorts, en doen klein beeldjies van vroue op eetgerei. “Beeldhouwerk is vir my eintlik presies soos skilder, net met my vingers. Klei is soos ’n stresbal vir my en het ’n ongelooflike kalmerende uitwerking op my gemoed. Tyd staan stil wanneer ek met klei werk.”

Sy vertel vier maande nadat sy vir die eerste keer met klei gewerk het, het Vriende van Drostdy-museum in Swellendam haar gevra of sy beelde sal maak wat opgeveil kan word ten bate van die museum. In 2019 het sy agt keramiekbeelde van Vroue-ikone van die Overberg gemaak, wat almal tydens ’n spoggeleentheid opgeveil is. Sy het ook sewe beelde van Mans-ikone van die Overberg gemaak, wat in Julie 2022 tydens ’n galageleentheid opgeveil is. So is die Overberg se geskiedenis vereer.

Ná byna drie dekades in Swellendam het die egpaar in 2021 na Wilderness verhuis en in Maart 2024 hul permanent in Knysna gevestig. “Tans fokus ons op ons nuwe huis en tuin. Met baie hulp van my man, Steph, het ek drie lewensgroot sementbeelde vir ons nuwe tuin asook ‘n keramiekhuisnommer vir ons hek gemaak. Ek skilder ook ’n paar nuwe skilderye vir ons huis en vakansie-eenhede. Dis ’n besige maar ’n opwindende kreatiewe 20 maande in ons nuwe tuisdorp. In Knysna voel ek elke dag  baie geïnspireerd om skeppend te wees, want ‘mooi’ inspireer my en mooi is hier oral om my.”

Teken gerus in op Plus 50 tydskrif vir meer interessante stories oor mense, geskiedenis, argitektuur, leefstyl en gesondheid: https://www.plus50.co.za/teken-in-subscribe/ 

Nuutste Artikels
Latest Articles

Skorpio

Formidabele tweemanskap weereens op  tuimeltreinrit in Skorpio Deur: Willemien AukemaDie...

Herwonne glorie van die 1885 Nieuwe Republiek Museum 

Herwonne glorie van die 1885 Nieuwe Republiek Museum Deur: Mimie de Vries Foto's: Verskaf deur...

Kaapse boekbinder beoefen steeds sy ambag

Kaapse boekbinder beoefen steeds sy ambagOordeel gerus maar die boek aan sy omslag. Dis die...

A Love Letter to South Africa: Place

A Love Letter to South Africa: Place by Justin Fox By Jennifer du PlessisThis place is home, and...

The Knysna and Tsitsikamma Forests

The Knysna and Tsitsikamma Forests: An enchanted forest landWESSEL VERMEULEN served in the Knysna...

Pretoria Leeskringe

Pretoria Leeskringe se Jaarprogramme Senior burgers is ywerige lesers, en leeskringe bied die...

Mens sukkel nie met ’n meermin nie

Mens sukkel nie met ’n meermin nieCarla van der Spuy het ’n een en ander oor die legendariese...

Die grafdigter

Die grafdigterdeur Gerda Taljaard -  boeiende Gotiese fiksieDeur Neil Cochrane Uitgewer: Penguin...

’n Lewenslange musiekreis

Elizabeth en Francois Fourie – ’n lewenslange musiekreis Deur Mimie de Vries Ek kuier by Elizabeth...

Philippolis – Deur Jens Friis 

Philippolis – die oudste nedersetting in die Vrystaat Saamgestel deur Jens FriisBoekresensie deur...

Streek
Region

ATKV Promosie
Promotion

Kontak Ons
Contact Us

Redaksiesekretariaat
Editorial secretariat

Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za

Advertensies & Bemarking
Advertising & Marketing

Rienie Coetzee (rienie@plus50.co.za)
082 776 3889
Linda Joubert (linda@plus50.co.za)
071 244 3399

Intekenare • Subscribers

Skakelbeampte / Public Relations Officer
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za

Hoofkantoor | Head Office

Tel: 012 348 8706
Suite 145, Privaatsak/Private Bag X19,
Menlo Park 0102
2de Vloer/2nd Floor, The Hillside 318, Lynnwood,
Pretoria.

Wordpress Social Share Plugin powered by Ultimatelysocial
Facebook