Kunskompetisie vir seniors
Skryf In
Die Skulp- en Batterykuns wat Praat-kompetisie, georganiseer deur Plus 50 Media in samewerking met Kind 2 Hearing
Reëls vir die Kompetisie
Die Skulp- en Batterykuns wat Praat-kompetisie, georganiseer deur Plus 50 Media in samewerking met Kind 2 Hearing, word aangekondig in die April-Mei uitgawe van die tydskrif, asook op sosiale media en die webwerf. Die uitstalling van die finaliste se kunswerke en aankondiging van die wenners vind plaas tydens ‘n glansgeleentheid by die Fairtree Atterbury Teater in November 2026. Die glansgeleentheid word gehou op Saterdag 14 November, waartydens die wenners aangekondig sal word.
Om ‘n regverdige, insluitende en volhoubare kompetisie te verseker wat seniors se kreatiwiteit vier, moet deelnemers die onderstaande reëls en voorwaardes in ag neem.
1. Deelnamevereistes
- Inwonerskap: Deelnemers moet permanente inwoners van Suid-Afrika wees.
- Ouderdom: Deelnemers moet 50 jaar of ouer wees op die datum van inskrywing (1 April 2026).
- Identifikasie: ‘n Kopie van die deelnemer se Suid-Afrikaanse identiteitsdokument (ID) moet saam met die inskrywingsvorm ingedien word om ouderdom en inwonerstatus te verifieer.
- Inskrywingslimiet: Een inskrywing per deelnemer word toegelaat, hetsy individueel of as deel van ‘n groep (maksimum 3 lede per groep, elk ouer as 50).
- Vlak van ervaring: Amateurs sowel as voltydse kunstenaars ouer as 50 mag inskryf maar professionele kunstenaars sal nie in aanraking kom vir die wen-prys nie.
2. Kunswerkvereistes
- Tema: Kunswerke moet die tema van “Skulp- en Batterykuns wat Praat” uitbeeld, deur die aspekte van klank, kreatiwiteit en veroudering” te weerspieël, geïnspireer deur gehoorversorging en die natuurlike skoonheid van skulpe.
- Materiale:
(a) Gemengde-media-kunswerke moet die kreatiewe gebruik van seeskulpe en/of herwinbare batterye (bv. gehoorapparaatbatterye, AA/AAA en ander) insluit. Ander materiale (bv. verf, draad) mag as ondersteuning gebruik word. Slegs ontlaaide of herwinbare batterye mag gebruik word. Deelnemers moet verseker dat batterye veilig is (geen lekkasie of skade nie).
(b) In skilderkuns (olie, akriel, waterverf) moet die uitbeeld van skulpe en/of batterye steeds die dominante elemente of hooftema wees.
- Grootte: Kunswerke mag nie kleiner as 20cm x 20cm of groter as 100cm x 100cm wees nie (vir uitstaldoeleindes), en moet stewig en veilig wees vir hantering en vertoon.
- Oorspronklikheid: Kunswerke moet oorspronklik wees en deur die deelnemer(s) geskep word. Plagiaat lei tot onmiddellike diskwalifikasie.
3. Inskrywingsproses
- Inskrywingsperiode: 1 April 2026 – 31 Julie 2026.
- Indiening: Dien ‘n foto in van die werk, saam met die voltooide amptelike inskrywingsvorm (beskikbaar op die Plus 50 Media-webwerf) en stuur dit per e-pos aan: plus50@plus50.co.za.
- Vereiste Dokumente: Sluit in (1) inskrywingsvorm, (2) gesertifiseerde ID-kopie, (3) kunswerkbeskrywing en duidelike foto(s) van die werk. Inskrywings moet ‘n kort beskrywing (maksimum 200 woorde) insluit wat die kunswerk, inspirasie en medium/materiale verduidelik, tesame met bewys van wettige verkryging.
| Naam en Van | Kontakbesonderhede |
| ID nommer | Materiaal/medium gebruik |
| Afmetings van die werk | |
| Beskrywing van werk | |
| Instemming dat werk verkoop of geskenk mag word ten bate van die Atterbury Trust se werksaamhede. (Verkieslik, maar opsioneel) | |
- Aflewering van Kunswerke: Finaliste sal in kennis gestel word, waarna die geselekteerde kunswerke tussen 1–15 Oktober 2026 by Plus 50 Media of die Atterbury Trust kliniek in Pretoria, afgelewer moet word. Vervoer- of koerierkoste na hierdie versamelpunte is die deelnemer se verantwoordelikheid.
- Eienaarskap van finaliste se inskrywings: Die finaliste se werk sal by die glansgeleentheid uitgestal word, waar gaste die geleentheid sal kry om dit te koop. Die opbrengs sal geskenk word aan die Atterbury Trust, vir die aanwending by die Triomf kliniek.
4. Beoordeling en Prysuitreiking
- Beoordelingskriteria: Kunswerke word beoordeel op (1) kreatiwiteit, (2) relevansie tot die tema, en (3) vakmanskap. Die beoordelingskomitee bestaan uit verteenwoordigers van Plus 50 Media, Kind 2 Hearing, die Atterbury Trust, en Swelco kunsafslaers.
- Pryse: Wenpryse sluit kontant in (Bv Eerste prys R5000, Tweede prys R3000 en R2000 derde prys), asook geskenkbewyse en ‘n sertifikaat as erkenning by die geleentheid. Detail besonderhede sal teen September 2026 aangekondig word, wanneer borgskappe gekonsolideer is.
- Erkenning: Alle deelnemers ontvang ‘n sertifikaat van deelname, wat persoonlik afgehaal moet word by die gala geleentheid, die Plus 50 Kantoor of ‘n tak van Kind 2 Hearing. Elektroniese sertifikate kan per e-pos aangestuur word.
- Glansgeleentheid en Uitstalling: SLEGS geselekteerde kunswerke word uitgestal by die Fairtree Atterbury Teater tussen 10–15 November 2026, met die prysuitreiking tydens die gala op 14 November 2026 (datum word nader aan die tyd gefinaliseer).
- Kunswerke sal te koop beskikbaar gemaak word, tensy die deelnemer dit terug verlang. Reëlings om die werke terug te stuur sal na afloop van die geleentheid getref word. Kunswerke kan ook as skenkings beskikbaar gemaak word indien deelnemers dit so verkies. Dit moet so aangedui word op die inskrywingsvorm.
5. Vrywaring
- Deelnemers stem in tot die vrywaring soos uiteengesit in die kompetisie se dokumentasie. Plus 50 Media, Kind 2 Hearing, en Fairtree Atterbury Teater is nie aanspreeklik vir skade, verlies of wetlike oortredings wat uit deelname voortspruit nie.
- Deelnemers dra die risiko van kunswerkvervoer en vertoon, en moet verseker dat alle materiale wettig bekom en veilig is.
- Die organiseerders behou die reg om inskrywings te weier wat nie aan reëls voldoen nie of wat onetiese praktyke weerspieël.
- Deelnemers gee, deur inskrywing outomaties toestemming dat hul kunswerke, insluitend fotos en beskrywings daarvan, gebruik mag word vir promosiedoeleindes op sosiale media-platforms (bv. X, Instagram, Facebook) en in uitsendings op kykNET se program Met ‘n Huppel in die Stap en Radio Kansel.
- In ooreenstemming met die Protection of Personal Information Act (POPIA), sal persoonlike inligting (bv. name, ID-nommers) vertroulik gehou word en slegs gebruik word vir verifikasie en kompetisie-verwante kommunikasie, tensy uitdruklike toestemming vir verdere gebruik gegee word. Deelnemers kan hul toestemming vir media-gebruik onttrek deur Plus 50 Media skriftelik in kennis te stel voor 1 Oktober 2026.
- Oortredings van reëls, insluitend onwettige skulpversameling, onveilige batterygebruik, of plagiaat, sal tot diskwalifikasie lei.
Teken gerus in op Plus 50 tydskrif vir meer interessante stories oor mense, geskiedenis, argitektuur, leefstyl en gesondheid: https://www.plus50.co.za/teken-in-subscribe/
Nuutste Artikels
Latest Articles
Vorige Uitgawes
Previous Publications
Streek
Region
ATKV Promosie
Promotion
Kontak Ons
Contact Us
Redaksiesekretariaat
Editorial secretariat
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za
Advertensies & Bemarking
Advertising & Marketing
Rienie Coetzee (rienie@plus50.co.za)
082 776 3889
Linda Joubert (linda@plus50.co.za)
071 244 3399
Intekenare • Subscribers
Skakelbeampte / Public Relations Officer
Tel: 012 348 8706
plus50@plus50.co.za
Hoofkantoor | Head Office
Tel: 012 348 8706
Suite 145, Privaatsak/Private Bag X19,
Menlo Park 0102
2de Vloer/2nd Floor, The Hillside 318, Lynnwood,
Pretoria.



